16 ek was 'n vader vir die armes,ek het selfs onbekendes se regsaak behartig.
17 Ek het die mag van dié wat onreg doen, gebreek,ek het die prooi uit hulle tande weggeruk.
18 Daarom het ek gedink:ek sal eendag sonder sorge sterf in my eie huis,my lewensdae sal meer wees as wat daar sand is,
19 ek sal wees soos 'n boom met sy wortels by die wateren elke môre dou op sy takke,
20 ek sal altyd nuwe krag hê,ek sal my man kan staan.
21 Mense het vol verwagting na my geluister,hulle het in spanning gewag op my raad.
22 Nadat ek gepraat het, het hulle niks gesê nie,hulle het my woorde ingedrink,