14 Soos deur 'n wye bres kom hulle aan,kom hulle tussen die puinhope deur aangestorm,
15 en ek word deur angs oorval;my aansien het soos wind weggewaai,my hoop op uitkoms het soos 'n wolk verdwyn.
16 “Nou is daar geen hoop meer vir my nie,ondergang staar my elke dag in die gesig.
17 Elke nag skiet pyne deur my liggaam,knaagpyne wat nie end kry nie.
18 Deur die groot geweld van God hang my klere vormloos aan my,word ek gewurg soos deur 'n boordjie om my nek.
19 Hy gooi my in die modder asof ek stof en as is.
20 Ek roep na U om hulp, maar U antwoord my nie.Hier staan ek, maar U steur U nie aan my nie.