8 hulle is mense sonder verstand, sonder eer,uitgedryf uit die land.
9 “En nou sing hulle liedjies oor myen word ek deur hulle bespot.
10 Hulle verafsku my en wil niks met my te doen hê nie,dit is vir hulle niks om my in die gesig te spoeg nie.
11 God het my weerloos gemaak, hulpeloos;mense behandel my nie meer met eerbied nie.
12 Die gespuis val my goedsmoeds aan,hulle stamp my onderstebo,hulle bewerk my ondergang,
13 hulle breek my lewenspad op,hulle kry dit reg om my te vernietigsonder dat iemand hulle help.
14 Soos deur 'n wye bres kom hulle aan,kom hulle tussen die puinhope deur aangestorm,