1 “Ek het my plegtig verbindom nie na 'n meisie te kyk en haar te begeer nie.
2 Wat kom 'n mens toe van God in die hemel,wat gee die Almagtige daar van bo af?
3 Vernietiging tref immers die bóósdoener,'n ongeluk dié wat onreg doen.
4 God hou my paaie dopen tel elke tree wat ek gee.
5 “As ek my sou opgehou het met valsheid,agter bedrog sou aangehardloop het,
6 laat God my dan weeg op 'n betroubare skaaldat Hy kan weet dat ek onskuldig is.
7 As ek die spoor byster geraak het,my deur my begeerte laat lei heten my hande besoedel het,