24 Het ek op goud my vertroue geplaas,het ek gedink fyn goud sal my sekerheid gee?
25 Het ek al my vreugde gevind in my groot rykdom,in die besittings wat ek bymekaargemaak het?
26 Het ek die son sien skyn,die maan in sy prag sien beweeg,
27 en my laat verleiom hulle te vereer met 'n soen op my hand?
28 Dit sou 'n sonde wees wat gestraf moes word,want dan sou ek God daarbo verloën het.
29 Het ek my verheug oor die ongeluk van my vyand,was ek bly as 'n ramp hom tref?
30 Nee, ek het nie met 'n enkele woord gesondigen hom dood gewens nie.