9 As ek my deur 'n ander se vrou laat verlei heten gretig geloer het na my buurman se deur,
10 laat mý vrou dan vir 'n ander man koring maal,laat ander by haar slaap.
11 As ek so iets gedoen het, sou dit 'n skande gewees het,'n misdaad vir regters om te straf.
12 Dit sou 'n vuur gewees het wat alles vernietigen al my besittings verteer.
13 As ek nie reg gedoen het aan my slawe en slavinnetoe hulle 'n grief teen my gehad het nie,
14 wat sou ek kon doen as God van my rekenskap eis,hoe sou ek my kon verweer as Hy my tot verantwoording roep?
15 Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het,hulle nie ook gemaak nie?Het Hy ons nie almal gevorm nie?