3 Elihu was ook kwaad vir die drie vriende van Job omdat hulle Job nie reg geantwoord het nie en nie aangetoon het dat hy skuldig is nie.
4 Terwyl die vriende met Job aan die praat was, het Elihu stilgebly, want hulle was ouer as hy.
5 Maar toe hy merk dat die drie manne Job nie verder antwoord nie, het hy kwaad geword.
6 Elihu seun van Barakel die Bussiet het begin praat:“Ek is jonk, en julle is grysaards.Daarom was ek huiwerig,ek was bang om vir julle te sê wat ek weet.
7 Ek het gedink: laat die ouderdom praat,laat die ervaring sy wysheid meedeel.
8 Maar dit is die gees in die menswat die mens insig gee,die gees wat van die Almagtige af kom.
9 Dit is nie die baie jare wat verstandig maaken aan oumense insig gee in wat reg is nie.