12 Ek sê vir jou: Hierin is jy verkeerd;God is meer as die mens.
13 Waarom beskuldig jy vir God?Hy hoef nie vir jou rekenskap te gee van sy dade nie.”
14 “God spreek die mens aan,Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie.
15 Hy praat met die mens in 'n droom, in 'n gesig in die nag,wanneer die mens diep slaap,wanneer hy vas slaap op sy bed.
16 Dan openbaar God Hom aan die mensen dreig dat Hy hom sal straf
17 om hom van verkeerde dade af weg te houen hom van hoogmoed te weerhou.
18 God wil die mens nie die graf laat ingaan nie,Hy wil hom nie laat sterf nie.