18 God wil die mens nie die graf laat ingaan nie,Hy wil hom nie laat sterf nie.
19 “Of Hy spreek die mens aan met ernstige siekte,met pyn wat aan sy liggaam knaag,
20 sodat alle kos hom walg,selfs die lekkerste ete.
21 Die vleis aan sy liggaam is so weggevreetdat jy dit nie meer kan sien nie,jy sien nou net been.
22 Hy is op pad na sy graf toe,na dié toe wat klaar dood is.
23 As daar dan 'n engel by hom sou wees,een uit duisende, wat vir hom pleit,en vir hom sê wat sy plig is,
24 wat hom jammer kry en sê:‘Red hom dat hy nie sterf nie,ek het 'n losprys vir hom,’