2 Ek gaan nou praat,my woorde lê al op my tong.
3 Ek gaan reguit praat,ek gaan eerlik sê wat ek weet.
4 Die Gees van God het my gemaak,die asem van die Almagtige het my die lewe gegee.
5 Antwoord my as jy kan,maak jou klaar om my teë te staan.
6 Voor God is ek en jy gelyk,ook ék is maar net uit klei gevorm.
7 Ek wil jou nie die skrik op die lyf ja nie,ek sal dit nie vir jou moeilik maak nie.
8 Ek het jou met my eie ore hoor sê,hier waar ek dit gehoor het, het jy gesê: