25 dan sal sy liggaam weer jonk word,weer word soos in die dae van sy jeug.
26 Hy sal tot God bid, God sal sy gebed verhoor,hom met vreugde laat bid,hom 'n mens maak wat weer reg leef voor God.
27 Dan getuig hy voor die mense:‘Ek het gesondig, my nie gesteur aan wat reg is nie,en tog het God my nie gestraf soos ek verdien nie.
28 Hy het my gered, ek het nie gesterf nie,nou lewe ek weer.’
29 “Dit alles doen God met die mens,selfs meer as een keer.
30 So keer God die mens wegvan die graf afen laat Hy hom weer lewe.
31 “Luister, Job, luister na my,bly stil, ek wil praat.