8 Ek het jou met my eie ore hoor sê,hier waar ek dit gehoor het, het jy gesê:
9 ‘Ek is onskuldig, ek het nie oortree nie,ek is rein, ek het nie gesondig nie.
10 Tog soek God fout by my,beskou Hy my as sy vyand.
11 Hy behandel my as 'n gevangene,Hy hou elke voetstap van my dop.’
12 Ek sê vir jou: Hierin is jy verkeerd;God is meer as die mens.
13 Waarom beskuldig jy vir God?Hy hoef nie vir jou rekenskap te gee van sy dade nie.”
14 “God spreek die mens aan,Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie.