9 ‘Ek is onskuldig, ek het nie oortree nie,ek is rein, ek het nie gesondig nie.
10 Tog soek God fout by my,beskou Hy my as sy vyand.
11 Hy behandel my as 'n gevangene,Hy hou elke voetstap van my dop.’
12 Ek sê vir jou: Hierin is jy verkeerd;God is meer as die mens.
13 Waarom beskuldig jy vir God?Hy hoef nie vir jou rekenskap te gee van sy dade nie.”
14 “God spreek die mens aan,Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie.
15 Hy praat met die mens in 'n droom, in 'n gesig in die nag,wanneer die mens diep slaap,wanneer hy vas slaap op sy bed.