16 Weet jy hoe die wolke sweef?Dit is die wonderlike werk van Homwie se kennis volmaak is.
17 Jy wat jou nie eens met klere kan beskerm teen die hittewanneer die aarde gloei onder die woestynwind nie,
18 kan jy saam met Hom die hemelruim oopspan,stewig soos 'n spieël wat gegiet is?
19 Sê jý dan vir ons wat ons vir God moet sê.In ons onkunde kan óns Hom nie antwoord nie.
20 Moet aan Hom vertel word wat ek sê?Moet aan Hom meegedeel word wanneer 'n mens praat?
21 “Niemand kon die lig sien nie,die wolke het dit donker gemaak.Maar die wind het gekom en hulle weggewaai.
22 Uit die noorde kom die goudglans,die majesteit van God is ontsagwekkend.