4 en dan kom die donderslag.God laat sy magtige stem hoor,Hy stuur die onweer in volle kragwanneer Hy sy stem laat hoor.
5 Met sy stem laat God magtige dinge gebeur.Hy doen groot dade en ons begryp dit nie.
6 Hy beveel die sneeu om op die aarde te val;die reëns val, stortreëns wat getuig van sy krag.
7 Hy laat alle mensewerk tot stilstand komsodat alle mense sy werk kan leer ken.
8 Die diere soek skuilingen bly in hulle skuilplekke.
9 Die stormwind kom uit sy blyplek,die yswinde wat koue bring.
10 As God die wind laat waai, ys diten vries die groot waters.