6 Hy beveel die sneeu om op die aarde te val;die reëns val, stortreëns wat getuig van sy krag.
7 Hy laat alle mensewerk tot stilstand komsodat alle mense sy werk kan leer ken.
8 Die diere soek skuilingen bly in hulle skuilplekke.
9 Die stormwind kom uit sy blyplek,die yswinde wat koue bring.
10 As God die wind laat waai, ys diten vries die groot waters.
11 Hy laat die wolke swaar word van vog,Hy stuur sy weerligte in die wolke in.
12 Hy laat die wolke in die rondte maal,hulle doen wat Hy bepaal,hulle gehoorsaam sy bevele die wêreld oor.