2 “Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboommet woorde wat getuig dat hy geen insig het nie?
3 Maak jou reg vir die stryd:Ek sal vra, antwoord jy My.
4 Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het?Praat as jy die antwoord het.
5 Wie het die aarde afgemeet? Weet jy dit?Wie het 'n maatlyn oor hom gespan?
6 Waarop is sy voetstukke neergesit?Wie het hom aanmekaargesit
7 daardie oggend toe die sterre saamgesing heten al die hemelinge gejubel het?
8 Wie het die see opgedamtoe hy begin uitborrel het?