18 dat U hom van dag tot dag toets,hom van oomblik tot oomblik op die proef stel?
19 Wil U nie van my af wegkyken my 'n oomblikkie laat asem skep nie?
20 As ek gesondig het, wat kan ek teen U uitrig,U wat die mens gedurig oppas?Waarom het U my u teiken gemaak?Waarom moet ek vir U 'n las wees?
21 Waarom vergewe U dan nie my sondeen vergeet wat ek verkeerd gedoen het nie?Binnekort sal ek in die graf lê,U sal my soek, maar ek sal nie meer lewe nie.”