9 Na hierdie woorde het Jesus van die Olyfberg af na die hemel teruggekeer.
10 Terwyl die dissipels nog staan en kyk hoe Hy in die wolke verdwyn, het twee mans uit die hemel by hulle kom staan. Hulle het spierwit klere aangehad.
11 Een van die mans vra toe vir die dissipels: “Hoekom staan julle so na die hemel en kyk? Dink julle dat julle nooit weer vir Jesus gaan sien nie? Hierdie selfde Jesus wat nou voor julle oë na sy hemelse woonplek toe vertrek het, sal op presies dieselfde manier na julle toe terugkom.”
12 Die Olyfberg waar Jesus van sy dissipels afskeid geneem het, is sowat ’n kilometer van Jerusalem af.
13 Daarvandaan het die apostels toe teruggestap stad toe, na ’n groot kamer op die boonste verdieping van een van die geboue. Daar het hulle gereeld bymekaargekom. Al die oorblywende apostels was daar: Petrus, Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus die seun van Alfeus, Simon wat ’n Seloot was, en ook Judas die seun van Jakobus.
14 Hulle het elke dag saamgebid. Van die gelowige vroue het saam met hulle kom bid, so ook Maria, Jesus se ma, sy broers en ’n klompie ander gelowiges. Later was daar by die 120 mense in die kamer bymekaar.
15 Op ’n dag het Petrus vir hulle gesê: