26 Hy is na Tarsus toe, waar hy vir Paulus raakgeloop het. Paulus was dadelik bereid om saam met hom in Antiogië te kom werk. Hulle twee het die volgende jaar lank daar saamgewerk. Hulle het die mense geleer wat dit beteken om in Christus te glo. Hier in Antiogië is die volgelinge van Jesus die eerste maal Christene genoem.
27 In dié tyd het ’n paar boodskappers van die Here uit Jerusalem na Antiogië gekom.
28 Een van hulle, ’n man met die naam Agabus, is deur die Heilige Gees gelei om vir hulle te sê dat ’n groot hongersnood binnekort die hele wêreld sou tref. Dit het dan ook gebeur in die tyd toe Claudius die keiser van die Romeinse Ryk was.
29 Die volgelinge van Jesus in Antiogië het besluit om die gelowiges in Judea te help.
30 Hulle het elke bietjie geld wat hulle kon afknyp vir hulle broers en susters in die Here in Jerusalem opsy gesit. Toe het hulle vir Barnabas en Saulus met al die geld na Jerusalem toe gestuur. Daar het hulle twee dit vir die leiers van die kerk gegee.