31 Almal was baie bly toe hulle hoor dat hulle nie verplig was om besny te word nie.
32 Judas en Silas, self ook profete wat die Here se wil bekendgemaak het, het toe lank met die gelowiges in Antiogië gepraat. Hulle het by ’n hele paar geleenthede met hulle oor God gepraat en hulle geloof opgebou.
33 Na ’n ruk het Judas besluit om na Jerusalem terug te keer. Hy het van almal afskeid geneem. Nadat die gemeente hom ’n veilige reis toegewens het, het hy vertrek.
35 Paulus en Barnabas het in Antiogië agtergebly. Hulle het die gelowiges geleer hoe om te leef soos God dit wil hê. Hulle het ook die goeie nuus oor Jesus onder die inwoners van die stad bekendgemaak. Baie ander gelowiges het presies dieselfde gedoen.
36 Op ’n dag het Barnabas vir Paulus kom sê: “Kom ons gaan lê weer besoek af by die gelowiges in al die stede waar ons vroeër die Woord van die Here verkondig het. Dan kan ons sien hoe dit met hulle gaan.”
37 Barnabas wou vir Johannes Markus saamvat.
38 Maar Paulus was nie bereid om Markus saam te neem nie. Hy het hulle die vorige keer daar by Pamfilië in die steek gelaat.