32 “Ek plaas julle almal nou in God se hand. Hy sal vir julle sorg. Hy sal met sy goedheid elke dag by julle wees. Hy sal julle geloof in Hom sterk maak.
33 God sal ook sorg dat julle elkeen ’n plek kry in die nuwe wêreld wat Hy vir al sy kinders gereedmaak. “Toe ek by julle was, het ek nooit vir julle gesê om my ’n salaris te betaal nie. Ek het ook nie by julle kom geld bedel of ooit geskimp dat ek arm is nie.
34 Nee, ek het met my eie twee hande gewerk om aan die lewe te bly. So kon ek vir myself en ook vir al my helpers sorg.
35 Op dié manier wou ek vir julle wys dat julle nie net vir julleself moet lewe nie. Sien ander mense se nood en armoede raak. En help hulle. Onthou: ons Here Jesus het gesê: ‘Dit is beter om te gee as om net te wil ontvang.’”
36 Na hierdie woorde het Paulus op sy knieë gegaan en saam met die ouderlinge gebid.
37 Almal was baie hartseer. Hulle het geweet dat hulle mekaar nie weer sou sien nie. Met trane in hulle oë het hulle vir oulaas van mekaar afskeid geneem. Die ouderlinge het toe saam met
38 Paulus tot by sy skip gestap en hom gegroet.