35 Hy het toe vir sy soldate gesê om Paulus na die Romeinse kaserne toe te bring. Die skare was egter so gewelddadig dat die soldate Paulus moes dra. Hulle het agter die soldate aangeloop en geskree:
36 “Weg met hom!”
37 Toe die Romeine by hulle hoofkwartier aankom, vra Paulus vir hulle aanvoerder: “Mag ek asseblief iets sê?” “Hoe praat jy dan Grieks?” vra die bevelvoerder hom.
38 “Ek dog jy is daardie Egiptenaar wat ’n ruk terug hier amok gemaak het en daarna met 4 000 volgelinge die woestyn in is.”
39 “Nee, ek is ’n Jood,” antwoord Paulus. “Ek kom van daardie beroemde stad Tarsus in Silisië af. Mag ek asseblief die skare toespreek?”
40 Die aanvoerder het geknik. Paulus het op die trap gaan staan en met sy hand vir die skare beduie om stil te bly. Almal het doodstil geword toe hy met hulle in Hebreeus begin praat.