27 Die bevelvoerder het na Paulus toe gestap en vir hom gevra: “Sê my, is jy regtig ’n Romeinse burger?”
28 “Ja!” het Paulus geantwoord. “Wel, ek is ook ’n Romeinse burger,” het die bevelvoerder gesê. “Ek het dit vir ’n groot bedrag geld gekoop.”
29 “Ek het myne nie gekoop nie. Ek is as ’n Romeinse burger gebore,” het Paulus geantwoord.Daarna het hulle Paulus losgemaak. Die Romeinse bevelvoerder het groot geskrik omdat hy ’n Romeinse burger sonder verhoor aangehou en hom amper lyfstraf gegee het.
30 Die volgende dag het die Romeinse bevelvoerder die hele Joodse Raad bymekaargeroep. Hy wou vasstel waarom die Jode so kwaad vir Paulus was. Daarom het hy Paulus uit die tronk laat haal en hom na die Joodse Raad gevat.