1 Vyf dae later het die hoëpriester Ananias saam met ’n paar Joodse godsdienstige leiers en ’n advokaat met die naam Tertullus in Sesarea aangekom.
2 Hulle het Paulus by die goewerneur kom aankla. Paulus is voor die regbank van Feliks gebring. Tertullus het dadelik begin om die Joodse owerhede se saak teen Paulus te stel: “Hooggeagte Feliks,” het hy gesê,
3 “dis net aan u goeie regering te danke dat ons nou soveel vrede beleef. U hervormings het groot voorspoed vir ons volk gebring. Oral praat ons mense daaroor met groot dankbaarheid teenoor u.
4 Ek wil egter nie u tyd mors nie. Daarom versoek ek u om op u kenmerkend vriendelike manier ’n paar oomblikke na my te luister.