24 ’n Paar dae later het Feliks en sy Joodse vrou, Drusilla, vir Paulus laat haal. Hulle wou hoor wat hy alles oor sy geloof in Jesus Christus te sê gehad het.
25 Paulus het die geleentheid gebruik om met hulle te praat oor die volgende belangrike sake: hoe om jou saak met God reg te maak; hoe om sondige begeertes onder beheer te kry, en wat alles gaan gebeur op die laaste dag wanneer God terugkom om te oordeel. Sy woorde het Feliks en Drusilla baie benoud gemaak. Daarom het Feliks hom gou na sy sel toe teruggestuur met die woorde: “Dit is vir eers genoeg. Later, as ek tyd het, sal ek jou weer laat haal. Dan kan ons verder gesels.”
26 Feliks het in die stilligheid gehoop dat Paulus hom omkoopgeld sou aanbied om hom vry te laat. Daarom het hy Paulus daarna gereeld laat haal om met hom te kom praat. So het twee jaar verbygegaan.
27 Feliks is toe deur Porcius Festus as die nuwe Romeinse goewerneur opgevolg. As ’n laaste guns aan die Jode het Feliks egter vir Paulus in gevangenskap in Sesarea agtergelaat.