15 “Toe ek in Jerusalem was, het die godsdienstige leiers van die Jode hierdie man van baie dinge beskuldig en gevra dat ek hom skuldig moes bevind.
16 Ek het hulle geantwoord dat dit nie die manier is waarop ons Romeine te werk gaan nie. Ons lewer mense nie aan ander uit om hulle ’n guns te bewys nie. Ons maak eers seker dat die aangeklaagde ’n behoorlike kans gehad het om hom voor sy aanklaers te verdedig.
17 “Toe die Jode later Sesarea toe kom, het ek dadelik aan hierdie saak aandag gegee. Die volgende dag nog het ek beveel dat die man oor wie dit alles gaan voor my gebring moes word.
18 Toe hy inkom, het sy aanklaers met hulle aanklagte teen hom losgetrek. Ek was verbaas om te hoor dat hy nie van ’n misdaad beskuldig is nie.
19 Dit het toe oor ’n klomp godsdienstige verskille tussen hulle en hom gegaan, en oor ’n dooie man - sy naam is Jesus. Paulus beweer dat hy nog leef.
20 “Omdat ek nie mooi geweet het wat om te doen nie, het ek die gevangene gevra of hy Jerusalem toe wou gaan om daar verhoor te word. Maar hy het geweier.
21 Hy het hom toe beroep op sy reg om deur die keiser verhoor te word. Daarom het ek beveel dat hy in die tronk moet bly totdat ek hom na die keiser toe kan stuur.”