2 Hulle het dadelik vir Festus van Paulus vertel en allerhande beskuldigings teen hom gemaak. Hulle het ook vir Festus gevra of hy hulle nie ’n guns wou bewys deur
3 Paulus Jerusalem toe te stuur om deur hulle verhoor te word nie. Hulle wou egter vir Paulus langs die pad voorlê en doodmaak.
4 Festus het egter geweier. “Die man word in Sesarea aangehou. En so sal dit bly,” het hy geantwoord. Hy het wel vir hulle gesê dat hy self binne ’n paar dae na Sesarea sou terugkeer.
5 “Julle kan, as julle wil, julle bekwaamste regsgeleerdes saam met my stuur,” het Festus gesê. “Hulle kan die man dan kom aankla as hy iets verkeerds gedoen het.”
6 Sowat agt of nege dae later het Festus na Sesarea teruggekeer. Die dag na sy aankoms het hy sy plek in die regsaal ingeneem en beveel dat Paulus voor hom moes verskyn. Soos een man het die Jode wat uit Jerusalem gekom het vorentoe gehardloop en om Paulus kom staan.
7 Hulle het dadelik met allerhande beskuldigings teen hom losgetrek. Natuurlik kon hulle niks daarvan bewys nie.
8 Paulus se verdediging was kort en kragtig: “Ek het niks verkeerds gedoen teen die wet van die Jode, of teen die tempel, of teen die keiser nie.”