1 Agrippa het toe vir Paulus gesê: “Stel nou jou kant van die saak.”
2 Paulus het met ’n handgebaar gewys dat hy gereed was om te praat. Toe sê hy: “Geagte koning Agrippa, ek is baie bly dat ek juis voor u mag antwoord op die aanklagte wat die Jode teen my ingebring het.
3 U ken immers al die Joodse tradisies. En natuurlik weet u ook van al ons godsdienstige verskille.
4 “Van my kinderdae af het ek tussen my eie mense in Jerusalem gebly. Hulle almal ken my.
5 As een van hulle die moed sou gehad het om vandag hier op te staan, sou hulle vir u kon sê dat ek ’n lid was van die Fariseërs, die strengste godsdienstige groep binne ons godsdiens.
6 Die ironie van dit alles is dat ek nou aangekla word omdat ek al die beloftes wat God aan ons voorouers gemaak het met my hele lewe glo.
7 Ek glo dieselfde dinge as dié waaraan al die Israeliete nog die hele tyd vasgehou het. Hulle het ook geglo dat God sal doen wat Hy belowe het.