25 “Met alle respek, geagte Festus,” het Paulus geantwoord, “ek is glad nie mal nie. Dit wat ek sê, is die reine waarheid.
26 Enige mens wat mooi luister na wat ek sê, kan dit verstaan. Vra maar vir koning Agrippa. Hy weet ook van al die dinge waaroor ek praat. En hy begryp dit ook. Niks van hierdie dinge het op die een of ander verlate plekkie afgespeel nie.”
27 Paulus vra toe vinnig vir Agrippa: “En wat van u, koning Agrippa, glo u wat die profete sê? Wag, u hoef nie eens te antwoord nie. Ek weet dat u glo.”
28 “As jy so aanhou, maak jy my sommer netnou ’n Christen,” het Agrippa geantwoord.
29 “Ek bid dat u en al die ander mense wat vandag na my luister Christene sal word,” sê Paulus toe. “Of dit nou dadelik gebeur of eers ’n rukkie later, my gebed is dat u net soos ek sal begin glo. O ja, natuurlik bid ek dat u sal glo sonder al die boeie wat ek vandag aanhet.”
30 Na hierdie woorde het die koning en die Romeinse goewerneur, saam met Bernice en al die hooggeplaastes, opgestaan en die saal verlaat.
31 Terwyl hulle uitstap, het hulle vir mekaar gesê: “Hierdie man het niks verkeerds gedoen nie. Hy verdien nie die dood nie. Hy hoort nie eens in ’n tronk nie.”