14 Hierdie stormwind, wat die Eurakilon genoem word, het ons skip soos ’n stukkie papier meegesleur.
15 Ons kon dit glad nie op koers hou nie.
16 Toe ons later naby die eiland Kauda kom, het ons na ’n groot gesukkel ons reddingsbootjie, wat agter die skip met ’n tou vasgemaak was, aan boord gekry. Daarna het die matrose toue onder om die skip vasgemaak. Dit het die skip se romp versterk teen die storm.
17 Omdat hulle bang was dat die skip hom op die sandbanke te pletter sou loop, het hulle die dryfankers ook laat sak. Ons het begin wegdryf van die gevaarlike kuslyn af.Die storm het ons skip heen en weer op die see geslinger.
18 Die volgende dag is die vrag in die see gegooi om die skip ligter te maak.
19 En die dag daarna moes almal aan boord hand bysit om die skip se toerusting ook in die see te gooi.
20 Dae lank kon ons glad nie die son of die sterre sien nie. Omdat die storm net nie wou bedaar nie, het ons later alle hoop laat vaar dat ons gered sou word.