33 hy het nooit eens sy mond oopgemaak nie. Die mense het hom verneder. Hy is glad nie regverdig verhoor nie. Hulle het hom doodgemaak. Wie sal nou as sy nageslag beskou word?”
34 Die amptenaar vra toe vir Filippus: “Sê my, oor wie skryf die profeet hier?” Filippus het
35 dadelik begin om uit hierdie teksgedeelte met die Etiopiër oor Jesus te praat.
36 ’n Rukkie later ry hulle by ’n waterstroom verby. Toe die Etiopiër dit sien, sê hy: “Kyk, hier is water. Hoekom kan ek nie sommer hier gedoop word nie?” Dadelik het hy die wa tot stilstand gebring en saam met Filippus die water ingestap, waar hy deur Filippus gedoop is.
38 Toe hulle twee daarna uit die water kom, het die Heilige Gees skielik vir Filippus kom wegvat. Die Etiopiër kon hom nie meer sien nie.
39 Maar hy het glad nie omgegee nie, want hy was verskriklik bly oor wat met hom gebeur het. Sy lewe was nou splinternuut omdat hy die goeie nuus oor Jesus geglo het.
40 Intussen het Filippus in Asdod aangekom. Van daar af het hy van die een plek na die ander die evangelie aan die mense verkondig tot reg in Sesarea.