2 Toe Dawid klaar was met die offers, het hy die mense in die Naam van die Here geseën.
3 Daarna het hy vir elke Israeliet, man en vrou, ’n broodjie, ’n stuk vleis en ’n rosyntjiekoek gegee.
4 Dawid het die volgende Leviete aangestel om by die ark van die Here diens te doen. Hulle moes die Here, Israel se God, se roem besing, Hom dank en Hom loof. Hulle was:
5 Asaf, die leier en Sagaria, tweede in bevel. Verder was daar Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel. Hulle het harpe en liere bespeel. Asaf het die simbale geslaan.
6 Die priesters, Benaja en Jagasiël, het gedurig op die trompette geblaas voor die verbondsark van God.
7 Op dié dag het Dawid vir Asaf en sy ampsgenote ’n danklied gegee om te sing:
8 Prys die Here! Bid tot Hom!Vertel vir almal op aarde wat die Here gedoen het.