1 Rehabeam het na Sigem toe gegaan, waar die hele Israel bymekaar was om hom koning te maak.
2 Toe Jerobeam, Nebat se seun, hoor dat Salomo dood is, het hy van Egipte af na Israel toe teruggekom. Hy was in Egipte omdat hy vir Salomo gevlug het.
3 Die leiers van Israel het Jerobeam laat haal. Hy en die hele Israel het met Rehabeam gaan praat.
4 “Jou pa het ons baie swaar laat kry,” het hulle vir Rehabeam gesê. “As jy die dwangarbeid wat hy ons laat doen en die belastingplig verlig, sal ons lojaal bly en jou as ons koning aanvaar.”
5 Rehabeam antwoord toe: “Kom oor drie dae terug, dan sal ek julle antwoord.” Hulle is toe daar weg.