10 Die jongmanne het gesê: “Jy moet die klomp wat kla só antwoord: ‘My pinkie is dikker as my pa se middellyf! As julle dink hy het julle swaar laat kry, wag maar tot julle sien wat ek kan doen!
11 My pa was kwaai met julle, ek sal nog kwaaier wees; hy het ’n sweep gebruik, ek sal julle met gésels slaan!’”
12 Drie dae later het Jerobeam en al die ander mense teruggekom soos Rehabeam versoek het. Hulle wou graag hoor wat die koning besluit het.
13 Rehabeam het toe baie lelik met hulle gepraat omdat hy die raad van die ouer raadgewers verwerp het
14 en na die jongmanne geluister het. Hy het gesê: “My pa was kwaai met julle, ek sal nog kwaaier wees; hy het ’n sweep gebruik, ek sal julle met gésels slaan!”
15 Die koning het glad nie geluister na die mense se versoek nie. Dit was soos God beplan het. So het die profesie van die Here waar geword wat die profeet Agija van Silo teenoor Jerobeam uitgespreek het.
16 Toe die hele Israel besef dat die koning hulle versoek verwerp het, het hulle hom toegesnou: “Dawid is niks van ons nie! Ons het geen saak met Isai se seun nie! Laat ons almal teruggaan huis toe, Israel! Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!”Hulle is toe almal terug huis toe.