1 Toe Rehabeam in Jerusalem aankom, het hy 180 000 uitgesoekte soldate uit die stamme van Juda en Benjamin opgeroep. Hy wou teen Israel gaan oorlog maak om sy koningskap oor hulle te herstel.
2 Die Here het met Semaja, die man van God, gepraat:
3 “Gaan sê vir Rehabeam, Salomo se seun en koning van Juda, asook vir al die Israeliete in Juda en Benjamin:
4 ‘Hier is die Here se boodskap vir julle: Moenie teen julle familie gaan veg nie. Gaan huis toe, want wat gebeur het, het Ek laat gebeur.’” Hulle het na die Here se opdrag geluister en nie teen Jerobeam gaan oorlog maak nie.
5 Rehabeam het in Jerusalem bly woon. Hy het verskeie stede se mure sterker gebou om Juda te beveilig.