1 Nadat Rehabeam sy koningskap goed gevestig het, het hy onafhanklik begin optree. Hy het die Here se wet verwerp. Die hele Israel het dieselfde begin doen.
2 As gevolg van hulle ongehoorsaamheid aan die Here het koning Sisak van Egipte Jerusalem aangeval. Dit het gebeur in die vyfde jaar dat Rehabeam regeer het.
3 Sisak het met 1 200 strydwaens, 60 000 berede soldate en ’n ontelbare klomp voetsoldate opgetrek. Die voetsoldate was Libiërs, Sukkeërs en Kussiete.
4 Sisak het die versterkte stede van Juda maklik oorwin en toe teen Jerusalem opgetrek.