1 Abia het in die agtiende jaar dat koning Jerobeam van Israel regeer het, die koning van Juda geword.
2 Abia het drie jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Miga, ’n dogter van Uriël wat in Gibea gebly het.Daar het ’n oorlog tussen Abia en Jerobeam uitgebreek.
3 Abia het met 400 000 uitgesoekte soldate van Juda gaan veg. Jerobeam het oor 800 000 dapper soldate van Israel beskik.
4 Abia het op Semarajimberg, in die bergland van Efraim, gaan staan. Toe het hy die Israeliete toegespreek: “Luister na my, Jerobeam en al julle Israeliete!
5 Julle weet tog dat die Here, Israel se God, die koningskap van Israel vir Dawid en sy nageslag gegee het. Hy het belowe dat dit vir altyd so sou wees.
6 Toe het Jerobeam, Nebat se seun, in opstand gekom. Hy wat ’n onderdaan van Salomo was, het gerebelleer.