14 Die Judeërs het skielik besef dat hulle van albei kante aangeval word. Hulle het die Here gevra om hulle te help. Die priesters het intussen op die trompette geblaas.
15 Die manne van Juda het ’n oorlogskreet geskree. Toe het die Here Jerobeam en die Israeliete voor Abia en Juda verslaan.
16 Die Israeliete het gevlug vir die Judeërs, want die Here het die Judeërs laat wen.
17 Abia en sy manne het Israel groot verliese toegedien: daar is op dié dag 500 000 van Israel se uitgesoekte soldate dood.
18 So het Juda vir Israel verslaan omdat hulle op die Here, die God van hulle voorouers, vertrou het.
19 Abia en sy leër het Jerobeam-hulle agtervolg en ’n paar Israelitiese stede, soos Bet-El, Jesana en Efron, met hulle omliggende dorpies, beset.
20 Jerobeam kon sy mag nie in Abia se tyd herstel nie. Uiteindelik het die Here hom skielik laat doodgaan.