3 Abia het met 400 000 uitgesoekte soldate van Juda gaan veg. Jerobeam het oor 800 000 dapper soldate van Israel beskik.
4 Abia het op Semarajimberg, in die bergland van Efraim, gaan staan. Toe het hy die Israeliete toegespreek: “Luister na my, Jerobeam en al julle Israeliete!
5 Julle weet tog dat die Here, Israel se God, die koningskap van Israel vir Dawid en sy nageslag gegee het. Hy het belowe dat dit vir altyd so sou wees.
6 Toe het Jerobeam, Nebat se seun, in opstand gekom. Hy wat ’n onderdaan van Salomo was, het gerebelleer.
7 Hy en ’n bende nikswerd mense het saamgespan teen Salomo se seun en opvolger Rehabeam. Rehabeam was toe nog jonk en onervare. Daarom kon hy nie teen hulle standhou nie.
8 Glo julle regtig dat julle staande sal kan bly teen die koninkryk van die Here wat deur ’n afstammeling van Dawid gelei word? “Julle leër is wel baie groot, maar julle gode is daardie goue kalwerbeelde wat Jerobeam vir julle gemaak het.
9 Daarby het julle die priesters van die Here en die Leviete weggejaag. Julle stel sommer julle eie priesters aan, net soos die vreemde nasies in ander lande. Enigiemand wat daar by julle opdaag met ’n jong bul en sewe ramme kan, as hy wil, ’n priester word vir daardie sogenaamde gode van julle.