2 Kronieke 13:8-14 DB

8 Glo julle regtig dat julle staande sal kan bly teen die koninkryk van die Here wat deur ’n afstammeling van Dawid gelei word? “Julle leër is wel baie groot, maar julle gode is daardie goue kalwerbeelde wat Jerobeam vir julle gemaak het.

9 Daarby het julle die priesters van die Here en die Leviete weggejaag. Julle stel sommer julle eie priesters aan, net soos die vreemde nasies in ander lande. Enigiemand wat daar by julle opdaag met ’n jong bul en sewe ramme kan, as hy wil, ’n priester word vir daardie sogenaamde gode van julle.

10 “By ons is dit heeltemal anders: die Here is ons God en ons bly steeds gehoorsaam aan Hom. Ons priesters kom almal uit die nageslag van Aäron en die Leviete doen diens by die tempel.

11 Hulle offer elke oggend en elke aand diere en geurige wierook vir die Here; hulle sit gereeld offerbrood op die tafel wat daarvoor skoongemaak is en hulle steek elke aand die lampe van die goue kandelaar op.“Ons doen presies wat die Here ons God vir ons sê, maar julle het Hom verlaat.

12 “Kyk maar! Die Here is self ons bevelvoerder en die priesters staan reg om die trompette te blaas dat ons julle kan aanval! Israeliete, moet tog nie oorlog maak teen die Here, die God van julle voorouers, nie. Julle kan tog nie wen nie!”

13 Jerobeam het intussen van sy soldate agter die Judeërs om gestuur, sodat hulle hulle van voor en van agter af kon aanval.

14 Die Judeërs het skielik besef dat hulle van albei kante aangeval word. Hulle het die Here gevra om hulle te help. Die priesters het intussen op die trompette geblaas.