9 Asa het toe al die mense van Juda en Benjamin, asook die groot groep uit Efraim en Manasse en Simeon wat tussen hulle kom bly het, bymekaargeroep. Baie mense het tydens Asa se regering na Juda toe getrek omdat hulle kon sien dat die Here, sy God, hom ondersteun het.
10 Hulle het in die derde maand van die vyftiende jaar waarin Asa regeer het, in Jerusalem bymekaargekom.
11 Dié dag het hulle baie van die diere wat hulle in die oorlog afgevat het, vir die Here geslag. Hulle het 700 beeste en 7 000 skape en bokke geoffer.
12 Daarna het hulle ’n ooreenkoms met mekaar gesluit dat hulle die Here, die God van hulle voorouers, met alles in hulle vermoë sou dien.
13 Hulle het besluit om enigiemand, oud of jonk, man of vrou, wat dit nie wou doen nie, dood te maak.
14 Hulle het hulle belofte aan die Here met vreugde uitgeskree terwyl hulle hard op die trompette en ramshorings blaas.
15 Al die mense van Juda was bly oor die belofte wat hulle gemaak het, want hulle het dit regtig bedoel. Hulle wou graag doen wat die Here van hulle verwag het en die Here het hulle gehelp. Hy het toe vir hulle vrede met al die volke rondom hulle gegee.