15 Onder hom was Joganan, met 280 000 soldate onder sy bevel.
16 Die volgende offisier was Amasja, Sikri se seun, wat vrywillig vir die Here se diens aangemeld het. Hy het 200 000 soldate onder sy bevel gehad.
17 Uit Benjamin was daar 200 000 soldate wat almal met pyle en boë en met skilde uitgerus was. Hulle bevelvoerder was die legendariese Eliada.
18 Onder hom was Josabad, met 180 000 soldate onder sy bevel.
19 Dié soldate was almal in Jerusalem gestasioneer. Die koning kon hulle enige tyd gebruik. Dit is behalwe die soldate wat hy in die versterkte stede van Juda ontplooi het.