6 Hy was ywerig om die Here te dien; daarom het hy die plekke vernietig waar die afgode vereer is en die Asjerapale stukkend gekap.
7 In die derde jaar dat hy regeer het, het Josafat van sy belangrikste amptenare gestuur om die mense in al die stede van Juda te gaan leer. Die amptenare was Ben-Gajil, Obadja, Sagaria, Netanel en Miga.
8 Hy het ook ’n klompie Leviete saamgestuur. Hulle was Semaja, Netanja, Sebadja, Asael, Semiramot, Jonatan, Adonia, Tobija en Tob-Adonija. Hy het ook twee priesters, Elisama en Joram, saamgestuur.
9 Hulle het Die Wetboek van die Here saamgeneem en dwarsdeur Juda na al die stede toe gegaan en die mense van die Here se wet geleer.
10 Al die volke rondom Juda het verskriklik bang geword vir die Here. Niemand het daaraan gedink om teen Juda oorlog te maak nie.
11 Party Filistyne het vir Josafat geskenke en ’n klomp silwer gebring. Daar was selfs Arabiere wat vir hom ’n groot klomp kleinvee gebring het: 7 700 skaapramme en 7 700 bokramme.
12 Josafat het al hoe sterker geword. Hy het forte en voorraadstede in Juda gebou,