9 Hulle het Die Wetboek van die Here saamgeneem en dwarsdeur Juda na al die stede toe gegaan en die mense van die Here se wet geleer.
10 Al die volke rondom Juda het verskriklik bang geword vir die Here. Niemand het daaraan gedink om teen Juda oorlog te maak nie.
11 Party Filistyne het vir Josafat geskenke en ’n klomp silwer gebring. Daar was selfs Arabiere wat vir hom ’n groot klomp kleinvee gebring het: 7 700 skaapramme en 7 700 bokramme.
12 Josafat het al hoe sterker geword. Hy het forte en voorraadstede in Juda gebou,
13 waar hy groot voorrade gestoor het.Josafat het ’n leër van uitgesoekte soldate in Jerusalem gehad.
14 Hulle is volgens hulle families georganiseer. Uit Juda was daar 300 000 soldate.Hulle was in eenhede van 1 000 elk, almal onder bevel van Adna.
15 Onder hom was Joganan, met 280 000 soldate onder sy bevel.