31 Josafat was 35 jaar oud toe hy koning van Juda geword het. Hy het 25 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Asuba, ’n dogter van Silgi.
32 Hy het soos sy pa Asa regeer en dinge gedoen waarvan die Here gehou het,
33 maar hy het nie die hoogtes waar die mense ander gode gedien het, vernietig nie. Die mense van Juda het ook nog nie vir God met alles in hulle gedien nie.
34 Die res van Josafat se geskiedenis is in Die Herinneringe van Jehu, Ganani se seun opgeskryf. Dié boek is later opgeneem in Die Geskiedenisboek van die Konings van Israel.
35 Later het Josafat ’n vennootskap met koning Ahasia van Israel aangegaan. Dit was ’n baie groot fout.
36 Hulle het saamgewerk en in Esjon-Geber skepe gebou om Tarsis toe te vaar.
37 Eliëser, Dodawa se seun uit Maresa, het die volgende profetiese woorde oor Josafat gesê: “Omdat jy saam met Ahasia gewerk het, sal die Here jou projek laat misluk.”Die skepe het toe vergaan en Tarsis nooit bereik nie.