1 Die mense van Juda het toe Amasia se seun Ussia, wat maar sestien jaar oud was, koning gemaak in sy plek.
2 Hy het Elat herbou en dit weer onder Juda se beheer geplaas.
3 Ussia was sestien toe hy koning geword het. Hy het 52 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Jekolja, van Jerusalem.
4 Die Here was tevrede met wat Ussia gedoen het, net soos met sy pa Amasia.
5 Sagaria het vir Ussia baie van God geleer. So lank as wat Ussia die Here gedien het, het God aan hom sukses gegee.