1 Agas was twintig toe hy koning geword het. Hy het sestien jaar lank in Jerusalem regeer. Die Here was nie so tevrede met wat Agas gedoen het as met Dawid nie.
2 Hy het dieselfde sondes gedoen as die konings van Israel. Agas het onder andere beelde van die Baäls gemaak wat die mense moes aanbid;
3 offers vir vreemde gode gebring in die Ben-Hinnomdal; sy seuns met vuur verbrand as offers aan die gode, net soos die heidene vroeër gedoen het, en
4 diere geoffer en wierook gebrand op al die ander nasies se godsdienstige plekke.
5 Daarom het die Here sy God toegelaat dat die koning van Aram hom verslaan. Hy het ’n hele klomp gevangenes na Damaskus toe weggevat.Die Here het ook toegelaat dat Israel se leër Agas s’n verpletterend verslaan.