2 Salomo het op die tweede dag van die tweede maand van sy vierde regeringsjaar met die bouwerk begin.
3 Die afmetings van die gebou se grondplan was 30 meter in lengte en tien meter in die breedte.
4 Die pilaargang aan die voorkant was die volle breedte van die gebou, naamlik tien meter lank. Die plafon was tien meter hoog en die mure aan die binnekant was met goud oorgetrek.
5 Salomo het die mure van die groot vertrek met panele van sipreshout bedek en dit met ’n dun lagie plaatgoud oorgetrek. Dit is met uitgekerfde palmbome en kettings versier.
6 Die gebou is verder met edelstene versier. Die goud wat hy gebruik het, het van Parwajim af gekom.
7 Al die mure, balke, deure en kosyne is met goud oorgetrek en daar is gerubfigure (dit is diere met vlerke) op die mure uitgesny.
8 Die Allerheiligste deel van die tempel was ’n vierkant van tien by tien meter. Al daardie mure is met suiwer goud beslaan. Die goudplate wat hulle gebruik het, het omtrent twintig ton geweeg