9 en die spykertjies waarmee dit vasgekap is meer as ’n halwe kilogram. Salomo het ook die boonste kamers met goud oorgetrek.
10 In die Allerheiligste was daar twee gerubsbeelde van gegote metaal. Hulle is ook met goud oorgetrek.
11 Hulle het langs mekaar gestaan en hulle vlerkspan was tien meter lank. Elke vlerk was twee en ’n half meter.
12 Elkeen van die gerubs se buitenste vlerk het aan ’n muur van die Allerheiligste geraak. In die middel het hulle vlerke aan mekaar geraak.
13 Die vlerke het oor die volle tien meter wydte van die Allerheiligste gestrek. Die gerubs het op hulle eie pote gestaan en in die rigting van die groot vertrek van die tempel gekyk.
14 Oor die hele ingang van die Allerheiligste het Salomo ’n gordyn opgehang van fyn linne met pers, rooi en blou materiaal daarin. Op die gordyn was daar gerubfigure geborduur.
15 Aan die buitekant, voor die groot vertrek van die tempel, was daar twee groot pilare. Die pilare was sewentien en ’n half meter hoog. Bo-op elkeen was daar ’n kapiteel van twee en ’n halwe meter hoog.